Skip to content
Tussen Stof en Stilte

Ware stories van plaaslewe, vroue, familie en aanhou.

Tussen Stof en Stilte

Ware stories van plaaslewe, vroue, familie en aanhou.

  • Home
  • Blog
  • About
  • Contact
  • Home
  • Blog
  • About
  • Contact
Close

Search

⭐️ Facebook
⭐️ Instagram
Uncategorized

My hart se tuin

By Minette
February 25, 2026 3 Min Read
0

Ek het al baie oor tuine gedink.

Nie net dié wat ons met hande bewerk nie –

maar dié wat ons binne dra.

Soos ñ aanhaling in my gunstelling boek The Boy, the Mole, the Fox and the Horse by Charlie Mackesy:

“Isn’t it odd. We can only see our outsides, but nearly everything happens on the inside” (page 29)

Ek glo elkeen van ons het ’n tuin.

Sommige lyk versorg.

Sommige wild.

Sommige so stil dat niemand besef daar groei nog iets nie.

My hart se tuin het al baie seisoene gesien.

Ons dink dikwels ons weet hoe om te plant.

Ons leer by ander.

Ons boots na.

Ons probeer reg doen.

Maar kundigheid van die hart kom nie uit boeke altyd nie.

Dit kom uit lewe.

Uit verlies.

Uit liefde wat bly en liefde wat nie bly nie.

Ek het al liefdesrose geplant.

Met die opregte bedoeling dat dit mooi moet wees.

Maar soms met doringwoorde wat tussenin groei –

woorde wat nie bedoel was om seer te maak nie, maar tog gedoen het.

Ons almal doen dit.

Ons plant sagtheid, maar spreek hardheid.

Ons verlang na vrede, maar reageer uit pyn.

Ek het ook lowergroen varings geplant –

die dele van my wat ander laat dink alles is reg.

Die glimlag.

Die sterk een wees.

Die aanhou.

Maar onder die groen skuil daar soms suurtjies.

Onuitgesproke teleurstelling.

Vrae.

Moegheid wat nie altyd erken word nie.

Dis maklik om die tuin van ’n ander te bekyk en hul splinters raak te sien.

Maar ons almal dra ook daardie hardekoolstomp –

die deel wat ons verkies om buite sig te hou.

Die plek waar trots, seer en beskerming saamgroei.

Die waarheid is:

geen hartstuin is net mooi nie.

Daar is dele wat verwaarloos raak.

Dele wat ons doelbewus ignoreer.

Dele wat ons nie weet hoe om te versorg nie.

En soms…

los ons die tuin net.

Nie omdat ons ophou omgee nie.

Maar omdat ons moeg raak.

Omdat droogte lank aanhou.

Omdat hoop energie vra wat ons nie altyd het nie.

Dis dan wanneer erosie begin.

Nie skielik nie.

Maar stadig.

Klein skeurtjies.

Verdroogde kolle.

Stil leegtes.

Eers wanneer die grond oopgelê word, sien ons hoe dor dit geword het.

Hoe lank ons sonder reën probeer oorleef het.

Ek dink baie van ons leef daar –

op die rand van uitdroog.

Nog funksioneel.

Nog aan die gang.

Maar met ñ binne dors.

En dan kom daardie oomblik.

Nie dramaties nie.

Net eerlik.

Ons besef ons kan nie self reën maak nie.

Ons kan plant.

Ons kan spit.

Ons kan probeer herstel.

Maar genade van bo –

die sagte reën wat die grond weer laat asemhaal –

dit bly ’n gawe.

Ek het al op my knieë gebid vir daardie reën.

Nie vir perfekte tuine nie.

Net vir genoeg vog om weer te groei.

Genoeg sagtheid om weer oop te maak.

Genoeg hoop om weer iets te plant.

Hier, tussen stof en stilte, leer ek:

’n Gesonde tuin is nie een sonder dorings nie.

Dis een waar daar steeds lewe is.

Waar nuwe groei nog moontlik is.

Waar droogte nie die laaste woord kry nie.

As jou hartstuin vandag dor voel –

moenie dink dit beteken dit is verlore nie.

Selfs grond wat lank droog was, onthou hoe om reën te ontvang.

En soms begin herstel nie met plant nie –

maar met wag.

Met oop wees.

Met die sagte gebed:

Laat dit weer reën.

Author

Minette

Follow Me
Other Articles
Previous

Wanneer stilte harder praat as woorde

Next

Die vergifnis deur.

Subscribe to our newsletter & never miss our best posts

Recent Posts

  • Die merke wat ons agterlaat
  • Wat agter ons lê
  • Die voorreg om weer lief te hê
  • Het ek maar
  • Die floppie pannekoek

Recent Comments

  1. Minette on Die vrou agter die plaas
  2. Danie Du Plessis on Die vrou agter die plaas
  3. Minette on Tussen stof en stilte
  4. Yolandi on Tussen stof en stilte
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • Uncategorized
Copyright 2026 — Tussen Stof en Stilte. All rights reserved. Blogsy WordPress Theme